Nigeriese Arbeidersparty gaan hof toe oor verkiesingsuitslag

Die Arbeidersparty in Nigerië het aangedui hulle gaan die uitslag in die hof beveg nadat die Onafhanklike Nigeriese Verkiesingskommissie die regerende party, All Progressives Congress, se kandidaat Bola Tinubu as wenner van die presidentsverkiesing verklaar het. Hy het 37 persent van die stemme gekry, sy belangrikste teenstander Atiku Abubakar het 29 persent gekry en Peter Obi van die Arbeidersparty 25 persent. Tinubu het die verkiesing se integriteit verdedig en ‘n beroep op landsburgers gedoen om te verenig nadat ‘n bittere geskil ontstaan het oor die uitslag wat volgens opposisiepartye vol foute is.