Skoonmakers van Stad Windhoek stel hul eise
Sowat 600 betogende skoonmakers van die Windhoek-munisipaliteit het die raad vyf dae gegee om op hul eise te reageer, of hulle sal voortgaan om elke Maandag te betoog. Die werkers eis onder meer permanente dienskontrakte, beter salarisse en ‘n mediese en pensioenfonds. Volgens die betogende skoonmakers se woordvoerder, Tranus Kavaara, nader baie van sy kollegas aftree-ouderdom en sal hulle huis toe gaan sonder enige voordele. Archie Nikanor, die waarnemende strategiese uitvoerende beampte vir menslike kapitaal en korporatiewe dienste van Stad Windhoek, het die petisie ontvang. Nadat die werkers hul petisie oorhandig het, het hulle hul pligte hervat.