ActionSA kla oor behuisingsbedrog

ActionSA in Mpumalanga het gesinne by Madadeni in die Nkomazi plaaslike munisipaliteit besoek wat onlangs deur oorstromings getref is. Die vloedslagoffers het by Action SA gekla oor die omvang van die korrupsie in die munisipaliteit wat die inwoners van Nkomazi geknak het. Simangaliso Shongwe van ActionSA sê die skade aan die huise het korrupsie in die behuisings-afdeling blootgelê, omdat die strukture wat deur tenderpreneurs opgerig is, so swak gebou is dat die gesinne genoodsaak was om in gemeenskapsentrums te gaan woon.