EU stel strenger verkeersreëls in
Die Europese Unie het strenger reëls voorgestel om verkeersoortredings hok te slaan. Hy beplan ook om ‘n digitale rybewys bekend te stel wat in die hele streek geldig sal wees. Die nuwe reëls sal wetstoepassers toegang gee tot nasionale rybewys-registers, wat volgens die EU-kommissie sal help om oortreders te identifiseer en te verseker hulle betaal hul boetes. Meer as 40 persent van oorgrens verkeersoortredings bly ongestraf. Ingevolge die nuwe reëls sal ‘n individu wat gediskwalifiseer word om in een land te bestuur, ook gediskwalifiseer wees om regoor die EU te bestuur.