FirstRand Namiba spog met nuwe versekeringshandelsmerk
FirstRand Namibia het sy nuwe versekeringshandelsmerk, FNB Short Term Insurance, aan sakeleiers in Windhoek bekend gestel. In Maart verlede jaar is OUTsurance Namibia deur FirstRand Namibia Limited verkry. Na aanleiding van alle regulatoriese goedkeurings, betree FNB Insurance die mark as 100 persent in besit deur die FirstRand Namibia-groep. FNB Insurance beklemtoon dat die naamsverandering nie bestaande kliënte-polisse, kliënte se OUTbonus-waardes of hul maandelikse premies sal beïnvloed nie. Die maatskappye sê vir bestaande kliënte is die oorgang maklik – ’n nuwe naam, maar dieselfde waardes.