SA wil pluimveeprodukte na EU en Saoedi-Arabië uitvoer
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê hy maak ‘n aansoek gereed om uitvoer-akkreditasie vir markte in die Europese Unie en Saoedi-Arabië te kry. Die vereniging wil hê verskaffers moet ontbeende porsies na Saoedi-Arabië uitvoer en gaar hoenderborsies na die Europese Unie, omdat dié ‘n netto-invoerder van hierdie produk is. Suid-Afrika produseer tans sowat 22,5-miljoen hoenders per week. Dié syfer kan egter afneem weens die erge uitwerking wat beurtkrag sedert laat verlede jaar op die bedryf het.