Blitsbokke moet fokus op hul sterkpunte

Rugby: Die Blitsbokke hoop op ‘n baie beter vertoning in die naweek se Kanadese Sewes-toernooi in Vancouver na ‘n baie teleurstellende vertoning in verlede week se byeenkoms in Los Angeles. Suid-Afrika kom in hulle groepswedstryde te staan teen Frankryk, Japan en Argentinië. Die Blitsbok-voorspeler Impi Visser sê hulle moet fokus op hul sterkpunte.