One Forest-spitsberaad skop in Gaboen af
Die One Forest-spitsberaad het in Libreville, Gaboen afgeskop. Die vergadering sal bosbewaring en ekonomiese ontwikkelings-kwessies bespreek. Die minister van bosbou, oseane, die omgewing en klimaatsverandering, Lee White, sê die spitsberaad sal innoverende finasierings-oplossing vir bosbewaring, premium koolstof-krediete en mens-dier-konflik takel, terwyl die ekologiese uitwerking van menslike bedrywighede laag gehou word. White sê hy verwag die spitsberaad sal oplossings vind wat sal help teen klimaatsverandering.