Energie-kenner: Beurtkrag sal net vererger

Suid-Afrikaners wat reeds sonder elektrisiteit sukkel, moet hulle daarop voorberei dat die situasie sal vererger voordat dit beter word, met Eskom wat erken hy werk aan skedules hoër as fase 8. Die kragvoorsiener sê hy en die energie-reguleerder, Nersa, is besig om te beplan aan die moontlikheid van meer beurtkrag. Fase 8 beteken meer as 12 ure se beurtkrag elke dag. Die energie-ontleder, Ruse Moleshe sê selfs fase 8 sal reeds ʼn katastrofe wees. Sy het gesê dit sal ‘n tekort van sowat 8 000 megawatt beteken – die verbruik van meer as drie Suider-Afrika-lande.