Hof-uitspraak oor EFF-stilstand vandag

Die hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die DA en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Eiendoms-eienaars se afsonderlike interdik-aansoeke om beskerming teen die EFF se nasionale stilstand. Die interdikte vra die hof om EFF-lede daarvan te weerhou om Maandag onwettig in te meng by lede van die publiek, of enigiemand te teister of aan te rand. Die vereniging het ook ‘n bevel gevra vir die verwydering van enige persoon van plekke af waar aanrandings en teistering sou plaasvind. Regter Leicester Adams sal na verwagting vanoggend uitspraak lewer.