R4m se vervalste goedere in Limpopo gevind

Die polisie in Limpopo het in aanloop tot Paastyd ‘n skoonmaakoperasie in Musina uitgevoer en beslag gelê op nagemaakte goedere van meer as 4 miljoen Suid Afrikaanse rand. Twintig verdagtes tussen 20- en 50-jaar is weens verskeie oortredings in hegtenis geneem. Dit sluit in drink in die openbaar, oortreding van die Drankwet en oortreding van die Immigrasiewet. Die polisie se woordvoerder, Malesela Ledwaba, sê ‘n groot hoeveelheid splinternuwe G4S-sekuriteitsuniforms is ook in ‘n pakhuis gevind: