Rugby: Blitsbokke stel weer teleur in Hongkong

Rugby: Na die teleurstellende nederlaag van 7-10 teen Fidji in die kwarteindronde van die Hongkong Sewes-bekerkompetisie, kom die Blitsbokke teen Argentinië te staan vir die vyfde plek. Die Springbok Sewes het die nederlaag teen Fidji, die suksesvolste span in Hongkong, opgevolg met ‘n 24-7 oorwinning oor Amerika in die halfeindstryd. Die Suid-Afrikaners kon nog nooit die Hongkong Sewes-toernooi wen nie.