Beurtkrag dryf SA se energie-revolusie aan
Die politieke en neigings-ontleder JP Landman, sê beurtkrag dryf Suid-Afrika se energie-revolusie aan. Hy meen die negatiewe uitwerking van kragonderbrekings versnel die land se verskuiwing na alternatiewe energiebronne. Suid-Afrika gaan oor die volgende ses jaar sowat 1,5 duisend miljoen Suid-Afrikaanse rand in die energie-sektor belê. Landman voorspel beurtkrag sal teen die einde van vanjaar tot ʼn einde kom en wys op 17 hernubare energie-projekte wat tans in die private sektor aan die gang is. Die land sal na verwagting oor 18 000 megawatt se hernubare energie beskik, genoeg om kragonderbrekings heeltemal te vermy.