Ekonomie druk, vir Swapo ook, 300% verhoging in lidfooie
Die ekonomie knyp ook maar vir almal en so ook, die Swapo-party. Die sekretaris-general Sophia Shaningwa het aangekondig dat maandelikse lidmaatskap-fooie met meer as 300 persent verhoog is van 3 Namibiese dollar tot 10 dollar. Sy sê die besluit is by die onlangse sentrale komitee vergadering gemaak. Maar, alles is nie verlore nie. Werklose lede, waarvan daar seker baie is, sowel as pensioenarisse, waarvan daar ook waarskynlik baie is, betaal net 5 dollar maandeliks. En, om lidmaatskap nog meer aantreklik te maak is die registrasiefooi van 2 dollar 50 vir nuwe lede, geskrap.