Kagame sê geen lesse is deur volksmoord geleer nie

Die president van Rwanda, Paul Kagame, is bekommerd oor die konflikte wat op verskeie plekke in die wêreld woed. Kagame het by die Gisozi Nasionale Gedenkteken in Kigali gepraat tydens die herdenking van die volksmoord van 1994 waarin ‘n miljoen Tutsis en gematigde Hutus doodgemaak is. Die land is in ‘n routydperk van 100 dae met die 29ste herdenking van die volksmoord. Kagame sê die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne dien as ‘n bewys dat niks geleer is uit die Rwanda-volksmoord nie.