SASSA-amptenare wat bedrieg moet vasgetrek word

Die DA sê die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, moet verseker die SASSA-amptenare wat van die armstes en kwesbaarstes steel, word aanspreeklik gehou. Die party sê optrede teen hulle moet as ‘n waarskuwing en afskrikmiddel dien vir ander wat soortgelyke skemas in gedagte het. Die DA-lid, Bridget Masango, sê Zulu het in ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag onthul dat strafregtelike sake van bedrog, korrupsie en diefstal die afgelope dekade teen 761 SASSA-amptenare geopen is, waarvan 50 in die 2021/2022-boekjaar was: