Bester vas in Arusha, Tanzanië

Die polisie het bevestig die Suid-Afrikaanse voortvlugtige Thabo Bester is Vrydagaand in Arusha, Tanzanië, saam met sy meisie, Dr Nandipha Mugudumana en ‘n Mosambiekse burger in hegtenis geneem. Bester het in Mei verlede jaar ontsnap uit die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein. Daar is eers berig hy het in sy sel selfdood gepleeg. Die minister van Justisie Ronald Lamola sê daar is later bevestig die liggaam wat in sy sel aangetref is, was nie dié van Bester nie: