ECN se Mujoro ontken ongerymdhede by Keetmans-landelik se tussenverkiesing
Die hoofverkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië, Theo Mujoro, het die Landless Peoples’ Movement se bewerings van verkiesingsknoeiery in die Keetmanshoop landelike kiesafdeling se tussenverkiesing ten sterkste ontken. Hy ontken dat ECN-amptenare in die stoorkamer by die polisiestasie weggekruip het waar sensitiewe verkiesingsmateriaal en -toerusting by die aanklagkantoor gehou. Hy het sê dat die ECN na ‘n dringende vergadering besluit het om politieke partye toe te laat om die materiaal en toerusting in die stoorkamer te inspekteer. Mujoro versoek politieke partye om hulle daarvan te weerhou om gerugte en valshede oor die tussenverkiesingsprosesse te versprei, maar die LPM sê wat op die grond gebeur is teenstrydig met wat Mujoro sê.