Eskom kry reddingsboei van R254 miljard

Die nasionale vergadering in die buurland het die Eskom Wetsontwerp op Skuldverligting goedgekeur. Hiermee neem die Nasionale Tesourie ‘n deel van die kragverskaffer se skuld van meer as 400 miljard Suid-Afrikaanse rand oor. ‘n Totaal van 198 parlementslede het vir die wetsontwerp gestem en 23 daarteen. Die Nasionale Tesourie sê die 254 miljard rand wat die wetsontwerp aan die beleërde kragverskaffer beskikbaar stel, sal net oorgeplaas word indien Eskom streng voorwaardes nakom, waaronder geen nuwe lenings  of nuwe kragopwekkingdsprojekte nie. Die wetsontwerp word nou na die Nasionale Raad van Provinsies verwys vir instemming.