Netbal: Wêreld-bekertrofee begin met landwye toer  

Netbal: Voorbereidings vir die Netbal-wêreldbeker in Kaapstad het ‘n hupstoot gekry met die beroemde toernooitrofee wat Donderdag by die King Shaka Internasionale Lughawe aangekom het. Dit is die eerste keer dat die toernooi in Afrika gehou word. Die trofee se landwye toer begin in Durban, en hy sal sy eindbestemming in die Wes-Kaap bereik, voordat die toernooi op 28 Julie begin. Die KwaZulu-Natalse premier, Nomusa Dube-Ncube, sê die trofee sal tot Maandag in die provinsie wees.