Rusland verskerp missiel-aanvalle
Owerhede in Oekraïne sê tien Russiese missiele en meer as 20 hommeltuie is oornag by die hoofstad, Kiëf, die stad Dnipro en in die oostelike streke afgeskiet. Sewe missiele en ‘n aantal hommeltuie kon nie afgeskiet word nie. Teikens in Charkif en Dnipro is getref, en skade aan huise, voertuie en besighede is aangemeld. Rusland het die afgelope maand sy missiel- en hommeltuigaanvalle op Oekraïne verskerp. Dit word beskou as ‘n poging om Oekraïne se voorbereidings vir ‘n verwagte teenoffensief te ontwrig.