Treinramp: Ondersoek gelas, stasiemeester word blameer
Indië se spoorweg-ministerie het aanbeveel dat die land se top speur-agentskap die massiewe treinbotsing ondersoek waarin minstens 275 mense dood is. Die minister van spoorweë, Ashwini Vaishnaw, het die aankondiging gemaak sonder om besonderhede te verskaf. Die botsing Vrydagaand waarby drie treine betrokke was, word as Indië se ergste spoor-ongeluk hierdie eeu beskryf. Ondersoeke na die ongeluk het reeds begin en voorlopige verslae dui daarop dat ‘n seinfout tot die botsing gelei het. Meer as duisend mense is beseer en in hospitale opgeneem. Dit is nie duidelik waarom die spoorwegraad, die ministerie se hoogste besluitnemingsliggaam, ‘n afsonderlike ondersoek deur die sentrale buro vir ondersoek aanbeveel het nie.