Rugby: Oud-Leeu sluit by Welwitschias aan

Rugby: Die 27-jarige Tiaan Swanepoel wat vanjaar vir die Leeus gespeel het, sal na verwagting Maandag by die Welwitschias aansluit. Die veelsydige agterspeler kan die Namibiese span straks later vanjaar in die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk verteenwoordig. Swanepoel is ‘n boorling van Windhoek en speel as losskakel en heelagter en is ‘n kranige skopper. Hy is na die oefenkamp van die Welwitschias genooi wat Maandag afskop. Die veelsydige agterspeler van die Griekwas, die 24-jarige Jay-Cee Nel, is ook deel van die oefengroep.