Ombudsman: Selfmoorde onder leerders moet in skole aangespreek word

Die Namibiese ombudsman sê die kwessie van selfmoorde onder leerders moet in skole aangespreek word. Dit volg nadat ‘n 11-jarige leerder aan die Laerskool Krönlein op Keetmanshoop selfmoord gepleeg het nadat hy glo by die skool geboelie is. Melody Swartbooi van die Landless People’s Movement se jeugliga sê die gemeenskap is gebroke. Selfmoordgevalle neem toe in in die land. Volgens die Wêreldgesondheids-organisasie staan Namibië se selfmoordsyfer op 9,7 per 100 000 mense, wat dit die hoogste in Afrika plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met ombudsman Basilius Dyakugha gepraat oor wat gedoen moet word…