Rugby: Pumas se span onveranderd vir Curriebeker-eindstryd

Rugby: Die afrigter van die Pumas, Jimmy Stonehouse, het besluit om die derde agtereenvolgende week by beproefde kombinasies te hou. Die groep van 23 spelers is onveranderd vir vandag se Curriebeker-eindstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein. Die Pumas se spelskepper, die losskakel Tinus de Beer, is die voorste puntemaker in die kompetisie en sy skopstewel sal van groot belang wees. Daar is geen twyfel oor die fiksheid van die kaptein, Shane Kirkwood nie, wat die span van Mbombela aanvoer. Afskop is om vier-uur namiddag.