Vragmotorbestuurder skuldig aan manslag ná 39 onwettige immigrante sterf

‘n Vragmotorbestuurder het skuld beken op verskeie aanklagte van manslag na die dood van 39 mense wat in 2019 in ‘n sleepwa in Essex, Engeland, gesterf het. Die Viëtnamese burgers is dood toe hulle lug opgeraak het tydens temperature van meer as 38-grade Celsius terwyl hulle in die land ingesmokkel is. Die vermeende hoofleier van ‘n bende wat mense smokkel, Marius Draghici, is in Augustus verlede jaar in Roemenië in hegtenis geneem en na Engeland gebring om tereg te staan op aanklagte van manslag en sameswering om onwettige immigrasie by te staan.