Raad van Kerke: Pasop vir vals profete
Talle Namibiërs is baie desperaat weens die swaar ekonomiese omstandighede, en hulle sal byna enigiets doen om hul lewens-uitdagings te oorkom. Talle sluit aan by profetiese kerke wat hoop op verlossing kry wat deur die sogenaamde profete belowe word. Baie het hul huise en waardevolle items verloor terwyl hulle bevele van hierdie profete gevolg het. In die jongste voorval het ‘n 38-jarige man sy motor by Olympia in Windhoek aan die brand gesteek. Die man beweer sy kerk wil sy besittings hê. Ludwig Beukes, die sekretaris-generaal van die Raad van Kerke van Namibië wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, maan mense om versigtig wees voor hulle by ‘n kerk aansluit.