Vioolsdrif-grenspos heropen vir alle verkeer
Die Vioolsdrift-grenspos van Suid-Afrika naby Namibië se Noordoewer-grenespos het vanaand vir alle verkeer heropen. Die Suid-Afrikaanse Pad-owerheid, Sanral, het bevestig dat die vier kilometer van die N7 tussen Vioolsdrif en Steinkopf, bekend as Vyfmylpoort, steeds herstel word ná die erge vloedskade. Verkeer sal op sekere dele egter net enkelbaan toegang hê en stop-en-ry sal geïmplementeer word. Sanral sê hy besef die ekonomiese belangrikheid van die pad en sal herstelwerk so vinnig as moontlik probeer afhandel en die veilige toegang van alle voertuie deur die konstruksiegebied verseker.