Tennis: Djokovic stapel rekords op

Tennis: Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, is deur na sy 12de Wimbledon-halfeindstryd. Die Serwiër het in sy 400ste Grand Slam-wedstryd die Rus, Andrey Rublev, met 4-6, 6-1, 6-4 en 6-3 geklop om deur te dring na sy 46ste Major-halfeindstryd. Hy het met dié prestasie ook Roger Federer van Switserland se mans-enkelspel-rekord geëwenaar. Djokovic kom nou teen die Italianer Jannik Sinner te staan wat die Rus, Roman Safiullin, met 6-4, 3-6, 6-2, 6-2 verslaan het om sy eerste Grand Slam-halfeindronde te haal. Djokovic sê hy geniet die druk.