Kollegas en aanhangers in rou oor akteur

Kollegas van Bradley Olivier, beter bekend as Danny Jantjies in Binnelanders, sowel as aanhangers van die sepie, is in rou gedompel na die skielike afsterwe van die gewilde akteur. Human Stark, vervaardiger van die program het die slegte nuus aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Olivier was bekend in die teater-, rolprent- en televisiekringe en sal veral onthou word vir sy rol as Dakskroef, ‘n komiese vennoot van Spyskriek, vertolk deur Solomon Cupido.  Olivier het Tshwane Universiteit van Tegnologie vanaf 2005 tot 2007 bygewoon en sy eerste rolprentrol in 2007 losgeslaan nadat hy ‘n landwye talent-soektog gewen het om nuwe akteurs vir die kykNET-sepie Villa Rosa te vind, as die karakter JJ.