All Blacks loop oor van selfvertroue
Die All Blacks sê hulle het hulle nederlaag van 35-7 teen die Springbokke in ‘n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd op Twickenham agtergelaat. Die Nieu-Zeelanders berei nou voor vir hulle openingswedstryd Vrydag teen die gashere Frankryk in hulle verblyfstad Lyon. Die afrigter Ian Foster is met vrae gepeper oor die nederlaag, maar hy sê hulle het daaruit geleer. Na die openingswedstryd speel die All Blacks in groepwedstryde teen Italië, Namibië en Uruguay.