Aansoeke vir Namibiese dobbellisensies sluit binnekort

Die Namibiese omgewingsminister en die Dobbelraad herinner dobbelmasjien-operateurs dat die aansoeke vir lisensies op 28 Februarie sluit. Daar is ‘n aantal klousules in die wetsontwerp oor dobbelary-beheer wat nie heeltemal duidelik was vir lede van die publiek nie en daarom was die registrasieproses vir ongeregistreerde dobbelmasjiene en -operasies met ses maande uitgestel. Volgens minister Pohamba Shifeta is meer as 320 aansoeke vir verskeie lisensies ontvang, waarvan 85 persent verwerk en inspeksies reeds gedoen is. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda verduidelik hoe die registrasieproses werk.