Aborsiewette is oud en moet waai

Die Voices for Choices and Rights Coalition gaan saam met verskeie burgerlike organisasies en beweging op Saterdag, 19 Maart ‘n pro-aborsie-optog, genaamd, ‘Yes To Choice’, hou. Dit vind vanaf nege-uur die oggend in die hoofstad vanaf die Katutura-staatshospitaal tot by die UN Plaza se amfiteater plaas. ‘n Aktivis, Rosalia Hipondoka, sê aan Kosmos 94.1 Nuus verouderde aborsiewette moet waai.