AfriCat se luiperdmannetjie nog steeds soek
Die luiperdmannetjie Kit van AfriCat en die Okonjima-wildreservaat in die Otjiwarongo-distrik is ná byna ses weke nog steeds vermis. ‘n Beloning van 25 000 Namibiese dollar is uitgereik vir die suksesvolle opsporing van Kit, wat deel van die organisasie se luiperd-navorsingsprogram. Kit is net onder vier jaar oud en dra ‘n nekband wat binnekort vergroot moet word. Hy is nie bang vir mense of voertuie nie en is dus in gevaar. Sven Geider van AfriCat het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…