AfriForum Jeug eis duidelikheid oor beursdiskriminasie van Sanral
AfriForum Jeug het ‘n prokureursbrief aan die Suid-Afrikaanse Padagentskap gestuur om duidelikheid te verkry oor die agentskap se beurse vir 2024. Hulle beweer die beurse getuig van rassediskriminasie. AfriForum Jeug se woordvoerder, René van der Vyfer, sê volgens die beskikbare inligting op Sanral se webtuiste is ras ʼn bepalende faktor in die toekenning van beurse. Sy sê Sanral moet deursigtige kriteria verskaf oor die diensbillikheids-teikens en hoe dit bereik is.