Afrika-diaspora-forum veroordeel teiken van buitelandse burgers
Die Afrika-diaspora-forum veroordeel ‘n groep wat bekend staan as Operasie Dudula en ongedokumenteerde buitelandse burgers teiken. Die groep beskuldig ongedokumenteerde immigrante van betrokkenheid by kriminele bedrywighede en dat hulle plaaslike inwoners se werk vat. Lede van Operasie Dudula het die naweek hewige teenkanting vanaf die polisie ondervind wat sê hul versetoptrede in Hillbrow, Johannesburg, is nie gemagtig nie. Die forum se woordvoerder, Vusumuzi Sibanda, sê die groep se pogings veroorsaak aanhitsing van xenofobiese aanvalle op buitelandse burgers.