Afrika-leiers moet toewyding toon aan voeding
Afrika-unie-lidlande het ‘n beroep gedoen om groter toewyding en aanspreeklikheid sodat Afrika sy voedings-doelwitte kan haal, in aanloop tot die teikensperdatum van die 2025 Wêreldgesondheids-beraad. Die premier van Lesotho, Samuel Ntsokoane Matekane, het tydens die 36ste gewone sitting van die Afrika-Unie gesê 799-miljoen mense word deur matige of ernstige voedselonsekerheid geraak. Hy sê Afrika kan die voedingsteikens haal as beleggings versnel word om voedselsekerheid te verbeter.