Afrika se energie-oorgang onder die loep
Die Instituut vir Sekerheidstudies beklemtoon die energie-oorgang in Afrika moet gebalanseer word met versagting van koolstofvrystelling. Senior navorser, Alize le Roux, het tydens ‘n webinaar gewys op die noodsaak van die vasteland se keuses met lae vrystelling, te midde van ‘n groterwordende koolstofvoetspoor. Le Roux stel gas voor as oorgangsbrandstof terwyl gewerk word aan oplossings met energie. Sy beklemtoon ook die behoefte aan aansienlike befondsing om steun te bied aan die unieke energie- en ontwikkelingsuitdagings van Afrika.