Agt ‘onwettige’ myners se liggame in Germiston gevind

Die polisie in Gauteng sê hy ondersoek die dood van agt vermeende onwettige myners wie se liggame in Germiston gevind is. Die liggame, toegedraai in wit sakke, is langs die pad gevind. Die polisiewoordvoerder sê dit is algemene praktyk dat wanneer onwettige myners ondergronds sterf, hul kollegas hul liggame in ‘n openbare plek laat vir die polisie om te vind. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal.