Air Namibia: Daar was al voorheen aanbiedinge vir herlewing
Namibiese Lugdiens-vlieëniersvereniging het sy reaksie gegee op President Hage Geingob wat in Addis Abeba, Ethiopië, samesprekings met Ethiopian Airlines gehad het vir maniere van samewerking in Namibië se pogings om ‘n nasionale lugredery te laat herleef. Geingob het aan die voorsitter van die lugdiens, Girma Wake, en die uitvoerende hoof, Mesfin Tasew, gesê selfs al het Swapo opdrag gegee vir die vestiging van ‘n nasionale lugdiens, moet die kwessie eers voor die Namibiese kabinet ter tafel gelê word vir besluit en die bedryf van ‘n nasionale lugdiens. Die president van die vereniging Manuel Prenzlow sê daar was al voorheen aanbiedinge van verskeie internasionale lugrederye.