Aktiviste vir werkers – dis onwettig sê Muniaro
Na chaos by ‘n wegneemete-perseel in die hoofstad oor die naweek waar die winkel vir vyf ure gesluit was deur lede van die Namibia Economic Freedom Fighters, blyk daar weer om vanoggend ‘n probleem by ‘n groothandelaar in die hoofstad te wees, oor werksomstandighede. Die ontwrigting word gedryf deur sogenaamde aktiviste. Maar, waar is die vakbonde, die tradisionele verteenwoordiger van werkers? Kosmos 94.1 Nuus het met die veteraan vakbondleier Job Muniaro gepraat en hy sê werkgewers moet deurwinterde vakbonde erken en dat die optrede deur die aktiviste onwettig is.