Al hoe meer SA universiteite verplig inenting

Met ten minste drie Suid-Afrikaanse universiteite wat reeds gesê dat hulle inentingsmandate teen die begin van 2022 in plek sal hê, word daar verwag dat baie studente met tersiêre instellings koppe sal stamp. Dit aangesien baie kampusse en universiteits-fasiliteite buite perke sal wees vir oningeënte studente. Die Universiteite van Stellenbosch en Kaapstad het reeds aangedui hulle werk aan die implementering van ‘n verpligte inentingsbeleid vir die 2022 akademiese jaar. Die Universiteit van die Vrystaat het ook onlangs sy besluit in die verband bekend gemaak. Ons korrespondent Fritz Platt berig uit Kaapstad.