Amushelelo en kie betoog vandag oor Shikongo-ongeluk in ’22
Michael Amushelelo, lid van die Namibian Economic Freedom Fighters, sê die drie families van diegene wat op die dag verlede Desember dood is in ‘n trompop-ongeluk waarby polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo betrokke was, sal vandag by die Ondangwa-polisiestasie betoog. Op sy sosiale media sê Amushelelo dat mense hulle moet bystaan in die betoging om geregtigheid vir die gesinne te eis. Ná die ongeluk, wat verlede Desember langs die Oshikango-pad plaasgevind het, het die polisie ‘n ondersoek in verband met strafbare manslag, en roekelose en nalatige bestuur teen Shikongo gelas. Die dossier was onlangs in die nuus en is teruggestuur na die polisie vir meer besonderhede. Tot op hede is geen formele klagte gebring nie. Die groep het toestemming vir die betoging.