ANC het uitdagings oor Wes-Kaapse konferensie
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party se nasionale uitvoerende komitee oorweeg die uitdagings wat verband hou met die prosesse wat tot die Wes-Kaapse provinsiale konferensie gelei het. Die komitee het toestemming aan die tussentydse provinsiale komitee verleen om met die proses te begin vir algemene takvergaderings sowel as ander behoorlike prosesse om die provinsiale konferensie byeen te roep.