ANC-regering wil beurtkrag gouer beëindig
Die ANC se adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is vasbeslote om beurtkrag gouer as wat aanvanklik beplan is, te beëindig. Hy het by die spesiale kongres van die Nasionale Unie van Mynwerkers in Boksburg, oos van Johannesburg gepraat. Mashatile sê die regering fokus op drie dinge om ‘n einde aan beurtkrag te maak.