Anti-mikrobiese weerstand onder die loep
Die Namibiese Anti-mikrobiese Weerstand Nasionale Aksieplan is in 2020 in Namibië bekend gestel. Die fokus is om bewustheid te skep oor die doeltreffende en verantwoordelike gebruik van antibiotika en om opleiding hieroor te verskaf. Dit word gedoen onder leiding van die direktoraat van veeartsenydienste van die landbouministerie. ‘n Vergadering word vir 19 tot 20 April beplan om onder meer die implementering van die aksieplan te evalueer. Die Lewendehawe Produsente-organisasie, die LPO, wil graag die doeltreffende gebruik van antibiotika deur veeprodusente bevorder. Dit is ook belangrik dat gesprekke oor die strenger regulering van hierdie middels in samewerking met die LPO en die bedryf gedoen word, ten einde die impak op plase in ag te neem.