Arbeid waarsku oor slenter epos

Die arbeidsministerie sê ‘n epos vanaf ‘n sekere Nelago Kama is ‘n slenter. Die epos kom voor asof dit van die arbeidsministerie afkomstig is en dit handel blykbaar oor ‘n opdatering van die ministerie in verband met die nie-nakoming van regulasies. Daar is ‘n aanhegsel en die ministerie doen ‘n beroep op die publiek om nie die dokument oop te maak nie. Maria Hedimbi, skakelbeampte by die ministerie is aan die woord.