Arsenal bou weer momentum: Arteta

Sokker: Mikel Arteta sê Arsenal sal feitlik volmaak moet wees indien hulle die weghol-voorlopers in die Premierliga, Liverpool, wil inhaal, maar hy is oortuig hulle bou weer momentum na ʼn swak lopie. Die Gunners is bemoedig vir vandag se wedstryd teen West Ham nadat hulle Sporting Lisbon met 5-1 oorrompel het in die Kampioeneliga. ʼn Oorwinning vandag in die Londen-stadion sal Arsenal waarskynlik tot die tweede plek op die punteleer laat opskuif voor môre se wedstryde, wat ʼn allerbelangrike wedstryd insluit tussen Liverpool en Manchester City.