ATM gee sy reaksie oor Phala Phala-sage
Die African Transformation Movement sê die ampsklag-proses is steeds die enigste geloofwaardige manier waarop President Cyril Ramaphosa op die Artikel 89-paneel se verslag kan reageer. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof eenparig Ramaphosa se pogings van die hand gewys het vir regstreekse toegang om ‘n onafhanklike paneel se bevindings om te keer, dat hy moontlik die Grondwet oortree het en skuldig is aan geldwassery rakende die voortslepende Phala Phala-sage. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê hierdie bevinding het verreikende gevolge.