ATM gereed om Phala Phala-verslag te ontleed
Die president van die African Transformation Movement, Vuyolwethu Zungula, sê hulle is gereed om uitvoerende gesag tot verantwoording te roep nadat hulle die Phala Phala-verslag ontleed het wanneer dit vanaand aanlyn beskikbaar gestel word. Die onafhanklike Artikel 89-paneel het die verslag aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, oorhandig. Die paneel het besin of President Cyril Ramaphosa antwoorde moet verskaf oor die diefstal op sy plaas, Phala Phala. Zungula sê hul is vol vertroue dat hulle die regte bewyse aan die paneel voorgelê het.